Alles oor Geletterdheid en Disleksie: Navorsing in Aksie
Hierdie aanlyn selfstudie kursus is gemik op ouers en professionele persone (onderwysers, gesondheidswerkers) wat ‘n dieper begrip van geletterdheid en disleksie wil ontwikkel.
Dit fokus op die definisies, oorsake, simptome in die klaskamer en hoe die ontwikkeling van lees- en skryfvaardighede anders voorkom teenoor die tipiese leser.
Die leesbrein en die aanleer van lees en taal sal ook ondersoek word.
Hierdie aanlyn kursus bestaan uit 15 sessies en jy sal jou eie pas kan volg deur die videos en leesmateriaal. Jy het ook toegang tot ‘n tutor en kenner in die veld wat jou sal help wanneer jy hulp benodig.
Die kursus kan binne ‘n maksimum tydperk van vier maande voltooi word.
Ons sien uit om jou te verwelkom.
Sodra jou betaling ontvang en bevestig is, sal jy ‘n epos van ons ontvang binne 2-3 werksdae met jou registrasie besonderhede. Jy sal dan onmiddellik kan wegspring met die kursus.
Indien u enige vrae het, stuur asseblief ‘n epos na: [email protected]
Reviews
There are no reviews yet.