Alles oor Geletterdheid en Disleksie

R9,800.00

Neurodiversiteit: Verstaan jou kind se disleksie 

‘n Kursus – Alles oor geletterdheid en disleksie

Hierdie aanlyn selfstudie-kursus is gerig op ouers en professionele persone wat ‘n dieper begrip van geletterdheid en disleksie wil ontwikkel. Dit fokus op die definisies, oorsake, simptome in die klaskamer en hoe die ontwikkeling van lees- en skryfvaardighede verskil van die tipiese leser. Die lees brein en die aanleer van lees- en taalvaardighede sal ook ondersoek word. Verder sal die kursus jou ‘n goeie begrip gee van gestruktureerde intervensie, waar om te begin en hoe om te begin, wat om in te sluit en hoe om die kind met lees- en geletterdheidsprobleme te ondersteun.




SKU: AGD-2024 Category:

Alles oor Geletterdheid en Disleksie

Die kursus kan oor vier maande voltooi word en jy kan deur die video’s en leesmateriaal op jou eie pas werk. Jy het ook toegang tot ‘n fasiliteerder en kenner in die veld wat beskikbaar sal wees om jou vrae te beantwoord en om te help met tegniese kwessies op die aanlyn platform. Sessies sluit in:

  • Refleksie oor jou eie konsep van disleksie
  • Die ontwikkeling van lees
  • Die konsep van disleksie
  • Die oorsake van disleksie: ‘n oorsig
  • Die oorsake en simptome van disleksie: biologiese aspekte
  • Die oorsake en simptome van disleksie: kognitiewe prosesse
  • Impak wat disleksie op ‘n persoon het: gedragsvlak
  • Vroeë leesvaardighede: fonologiese vaardighede
  • Fondasie leesvaardighede: die alfabet
  • Fondasie leesvaardighede: fonetiek
  • Ontwikkeling van leesvlotheid
  • Ontwikkeling van leesbegrip
  • Ontwikkeling van skryfvaardighede
  • Ontwikkeling van spelvaardighede
  • Klaskamerondersteuning

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Alles oor Geletterdheid en Disleksie”
Scroll to Top